
=====================================================================
ONS LESERS SKRYF (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

ONS LESERS SKRYF



Wat van kabel-TV vir SA?

Kenneth Westmoreland, Brittanje. DIS nie 'n goeie ding dat 'n Afrikaanstalige TV-kanaal nog nie bestaan nie. Hier in Europa het 
minderheidstale met minder sprekers as Afrikaans hul eie TV-kanale, soos Wallis en Ierland. In 1980 was daar in Wallis boikotte van die 
betaling van TV-lisensies en hongerstakings -- die Britse regering het die Walliesers hul eie TV-kanaal (S4C) gegee.

Watter stappe word gedoen om 'n Afrikaanstalige TV-kanaal te kry?

Daar is nou 'n Nederlandstalige Nederlands/Vlaamse TV-kanaal op satelliet in Europa: Beste van Nederland (BVN TV), en dit sou sekerlik ook 
vir Suid Afrika beskikbaar kan wees. Die adresse is: BVN TV,
Radio Nederland Wreldomroep,
Postbus 2221200,
JG Hilversum,
NEDERLAND.

Dit sou uitstekend wees as die Primasat TV-diens aan die gang kan kom soos 'n betaal-TV-diens na die voorbeeld van M-Net. Wat Suid-Afrika 
eintlik moet h, is kabel-TV (nie M-Net nie) of MMDS (Microwave/"wireless cable") vir kykers wat 'n groter keuse van TV-kanale wil h, 
ongeag die satellietdiens.

Ek het geen probleem met die SABC se wens om alle amptelike tale meer TV-kyktyd te gee nie, maar ek glo ook dat Afrikaans 'n plek moet h 
in die nuwe Suid-Afrika. [Die Afrikaans is effens verbeter -- Red.]
---------------------------------------------------------------------


Afrikaanse welvaartskonsep ontbreek

Prof. Flip Strydom, geletterdheidshoof, Stigting vir Afrikaans, Kaapstad. $(Roodt61=DAN ROODT se lesersbrief) in Afrikaans Vandag van Maart 
1999 was 'n lekker bydrae tot die Afrikaanse gesprek. Dis 'n dokumentjie wat op kultuurkantore se deure gespyker moet word.

Hy wonder onder meer waarom Afrikaans nie die medium van die nuwe ekonomie kan word nie, "'n speelse lokale alternatief vir die dwingelandy 
van die amptelike, kwasi-sosialistiese staatsdiskoers wat Suid-Afrika in sy vorm wil giet". Sela.

Dis ongelukkig juis hierdie (Engelse) staatsdiskoers wat 'n beduidende deel van die Afrikaanspratende bevolking onverhoeds betrap het. Die 
"taamlik kreatiewe" tegniese woordeskat van Afrikaans is naamlik redelik eksklusiewe besit, gesien in die lig van die bre Afrikaanse 
bevolking.

Miskien is dit omdat ons (nog) nie naastenby so ryk is as wat die briefskrywer versugtend wens nie. Daar waar die politieke bal jare lank 
jou hande volgemaak het of jou agter die blad getref het, het alles behalwe geldvonke gespat. Die meeste van ons neem dus glad nie deel aan 
die ekonomies-tegnologiese omwenteling met sy "postmodernistiese" inligtingsmoontlikhede nie. Ons is nog nie "werklikheidsaangepas" nie. 
Nagenoeg 'n miljoen van ons -- net in die Noord- en Wes-Kaap -- kan nog nie eens lees en skryf nie en baie meer kan hul basiese 
geletterdheid nog geensins funksioneel-tegnologies aanwend nie.

Juis omdat hierdie noodsaaklike geletterdheid ontbreek, kan 'n groot deel van ons Afrikaanse praatgemeenskap nie die Afrikaanse mens se 
bestaan as eietydse ekonomiese speler "beaam of beja" nie.

Die stamelende HOP-inisiatiewe, ietwat vlytiger aangevul deur buitelandse weldoeners en plaaslike nie-regeringsorganisasies met 
uiteenlopende projekte en "werkswinkels", spoel wel oor Afrikaanse gemeenskappe heen, maar hoofsaaklik in Engels. Vigs-voorligtingsgroepe 
en rekenaaropleidingskursusse skiet soos paddastoele op in onbevoorregte Afrikaanse woonbuurte, maar hoofsaaklik in Engels. 
Leierskapkursusse, media- en rekenaaropleiding vind heel verdienstelik plaas, maar hoofsaaklik in Engels. Die ekonomiese en sosiale 
konsepte wat tydens sulke blitsaanbiedings verwerf word, is allermins toegevoegde waarde tot ons mense se natuurlike taalgebruik.

Die gevolg is eerder 'n gekunstelde of selfs ietwat aanstellerige gebruik van die belangrik klinkende stywelip Engels in die monde van die 
Afrikaanse gemeenskapsleiers wat die verworwe vaardighede dan verder moet oordra. Dan hoor jy uitinge soos: "Dames en here, ek s vir u, 
ons moet meer -- I repeat, we must become more independent." Daarna verduidelik die spreker verskonend dat die woord "onafhanklik" nie 
prontuit op sy tong wou kom nie.

Of by 'n ander geleentheid: "Mense, die HOP-kantoor is bereid om -- I mean, the RDP office is prepared to provide venture capital to all 
trained entrepreneurs." Die woord "waagkapitaal" was nie voorhande nie. (En niemand kan hom kwalik neem nie!) Ek wil nie verveel met 
talryke voorbeelde nie, maar wat ek tot vervelens toe self hoor in die veld is ligjare verwyder van 'n "speelse en lokale Afrikaanse 
alternatief".

Die ontwikkelingswreld van demokratiese Suid-Afrika word gedra deur 'n vreemde en dikwels hoogdrawende Engelse jargon met sy honderde 
onverstaanbare akronieme. Geen wonder die Afrikaanse mens is met sy beskikbare taalgereedskap onverhoeds betrap nie. Kom ons vat nou maar 
die ABET-wreld (Adult Basic Education and Training) wat totaal Afrikaansloos in sy beleidstukke was totdat Johan Combrink onlangs 'n 
dokument of wat vertaal het!

Die geletterdheidsbetrokkenheid van die Stigting vir Afrikaans het al hier en daar 'n verskil gemaak wat betref lees, skryf en syferkunde 
op basiese vlak. Of ten minste die bewustheid geskep dat die Afrikaanse bemeestering van hierdie vaardighede belangrik is. Nuwe 
behoeftekrete roep egter in ons ore: ekonomiese bemagtiging en werkverskaffingsvaardighede, die verwoording daarvan in die moedertaal. En 
hierdie stemme weerklink nie net vanuit voorheen benadeelde geledere nie.

Onderwysers aan hoogs bevoorregte skole verwys huiwerig na "konseptuele armoede" by Afrikaanse jeugdiges. Veral waar dit kom by 
welvaartskepping. Miskien was Johann Rossouw in Afrikaans Vandag Oktober 1998 tog nie so uit die kol met die stelling van die gevaar van 
die "toenemend armoedige aard van (Afrikaanse) ekonomiese taalgebruik" nie.

So 'n Afrikaanse agterstand (teenoor Engels) is nie die taal se skuld nie. Afrikaans beskik oor die woordeskat, en waar hy dit nie het nie, 
mk hy dit. Bevestiging hiervoor vind 'n mens wanneer jy byvoorbeeld Gideon Joubert se Die Groot Gedagte   lees en ervaar hoe moeiteloos 
die Afrikaanse taal die verbysterende wreld van die kosmologie en kwantumfisika bestryk. Die "intellektuele inhoud" is op alle terreine, 
ook die ekonomiese, beskikbaar, maar nog kwalik doelbewus aan gewone taalgebruikers beskikbaar gestel. Die inisiatiewe ontbreek en het te 
lank ontbreek.

Die Afrikaanse demokratisering van welvaartsbewussyn en welvaartsdenke is dalk 'n voorvereiste vir die bereiking van Dan Roodt se 
doelwitte. Daarom is sy laaste sin so dringend: "Moenie lesse nm nie, g 'n paar. In basiese lees, skryf en somme maak, in ekonomiese en 
konseptuele geletterdheid. Ons mag nie agterbly nie. Anders gaan die begeerde welvaart nie in Afrikaans bedryf word nie."
---------------------------------------------------------------------


Oorspronklikheid bo!

Peter Louw, Kaapstad. GRAAG lewer ek kommentaar op die derde grondrel vir die skep van nuwe terme op u tuisblad, "Afrikaans -- die 
vriendelike taal" dat alliterasie en rym vir grappies deug, maar nie vir ernstige terminologie nie.

Ek dink darem dis 'n veralgemening. Dit geld inderdaad wel vir terme soos flaterwater, maar in ons woordeskat is daar heelwat terme met 
alliterasie en/of rym wat ingeburger geraak het en wat nie 'n verspotte indruk maak nie.

Ek dink hier maar net aan al die samestellings met kits-, soos kitskos, kitskoffie ens. (die k allitereer). Nog 'n voorbeeld is volfiliaal, 
met die v en die f wat allitereer. Ek dink ook aan 'n term soos tuimeltrein ("roller coaster"), waar die t-herhaling die woord myns insiens 
juis effektiewer maak. En dan is daar brakpak ("doggy bag"), troostante ("agony aunt") en strandslons ("beach bum").

In Engels is daar dan ook talle voorbeelde van effektiewe terme wat allitereer of rym: brain drain is 'n sterk en ingeburgerde term, 
miskien juis as gevolg van die kragtige rymeffek. Big bang is nog 'n voorbeeld. Ek kan talle voorbeelde uit verskillende tale noem.

Rym en alliterasie is nie op sigself ongeskik vir nuutskeppings nie; dit hang af van hoe dit gebruik word. Die taalgeskiedenis het gewys 
dat nuutskeppings wat aanvanklik "laf" klink, dikwels mettertyd deur die volksmond aanvaar word. Miskien sal selfs flaterwater mettertyd 
inslag vind!

Ons moenie studente en skoolkinders ontmoedig om met nuwe terme vorendag te kom nie -- ons moet hulle juis aanmoedig. Hul skeppingskrag en 
oorspronklikheid moenie verlore gaan nie, maar ingespan word in belang van lewendige Afrikaans.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6220.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

